Na wat berig word het die voormalige IT-bestuurder van Trudon, die 43-jarige Adriaan van Vuuren, hom met gas versmoor.

Volgens die Valke was Adriaan veronderstel om teen 10:00 Donderdagoggend die Centurion Lake-hotel te verlaat en hotelpersoneel het die gru-ontdekking gedoen toe hulle omstreeks 12:00 die kamer wou skoonmaak.

EWN berig sy prokureur het bevestig hy sou hom aan die Valke se ernstige handelsmidaadeenheid oorhanding het en hulle het op ’n hofdatum gewag.

Dit word beweer dat Adriaan – ook ’n vooraanstaande renperdeienaar – tussen 2007 en 2016 bedrog gepleeg het toe hy glo namens Telkom vals rekeninge vir IT-dienste by Trudon geskep het. Trudon het die fondse dan glo in ’n rekening van sy vermeende medepligtige oorbetaal.

Adriaan se vermeende medepligtige Sonja Joubert (44) het volgens berigte na Nieu-Seeland gevlug.

Sonja se man, Francois, is betrokke by die Christelike evangeliese humanitêre organisasie Samaritan’s Purse op die Noordeiland van Nieu-Seeland waar hulle volgens Rapport in weelde lewe.

Bronne: JacarandaFM; Ewn; Rapport/Netwerk24