Daar hang ’n wolk van omstredenheid om Molefe nadat daar in die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, se sogenaamde Staatskapingverslag geïmpliseer is dat hy die veelbesproke Gupta-familie oor Eskom-tenders gekontak het.

Molefe het kort ná die uitreiking van hierdie verslag bedank uit sy pos by Eskom en is in Februarie 2017 as ANC-parlementslid ingesweer.

Die minister van openbare werke, Lynne Brown, het ’n R30 miljoen-afreepakket afgekeur wat die Eskom-raad aanvanklik goedgekeur het en gevolglik moes onttrek.

Luister hier na ’n gesprek wat eNCA met Eskom-woorvoerder Khulani Qoma voer:

 

Molefe sal na verwagting Maandag weer sy voormalige pos by Eskom inneem.