“In hierdie stadium het ons baie min inligting hieroor, maar die polisie is in kennis gestel,” sê WSAR-woordvoerder Johann Marais.

’n Groep stappers het die lyk op die regteraansig op pad na Union-ravyn aangetref, sê Johan.

Die polisie sou die toneel forensies ondersoek en die lyk moes onder hulle toesig verwyder word.

Verlede Sondag het ’n man tydens ’n oggendstaptog by Platteklip Gorge op die lyk van ’n Yslandse tiener afgekom.

Die 19-jarige toeris is Saterdag omstreeks 22:47 as vermis aangemeld, het die Wes-Kaapse nooddienste woordvoerder Robert Daniels vermeld.

Die polisie ondersoek die saak.

Bron: News24