Die video, deur die onderneming Water from Air, wys groot stukke droë grond waar daar eens massas water was.

Die stad Kaapstad het aangekondig dat vlak 4 waterbeperkings vanaf 1 Junie toegepas sal word.

Dit beteken dat geen munisipale water vir buitenshuise gebruik aangewend mag word nie en slegs gebruik mag word om te drink, kos te berei en vir noodsaaklike wasdoeleindes, het Netwerk24 vroeër berig.

Kragtens die vlak 4-waterbeperkings word besproeiing met munisipale drinkwater in die geheel verbied.

Toilette moet eerder met grys- of reënwater gespoel word en die besproeiing van tuine met ondrinkbare water, soos boorgatwater, word op Dinsdae en Saterdag voor 09:00 of ná 18:00 toegelaat.

Kyk die video hier: