Owerhede en kinderregtegroepe soek naarstig twee Roemeniërs. In ’n skokkende video wat onlangs aanlyn gedeel is, kan gesien word hoe ’n kleuter nie net ’n sigaret in die mond gestop word nie, maar ook ’n glas bier drink.

Dit alles terwyl hy op die skoot van ’n Roemeense man sit. Hy en sy vriend, wat vermoedelik die video neem, lag ook luidkeels terwyl hulle duidelik ’n lekker tyd geniet.

Die video is vermoedelik by ’n Spaanse kafee geneem. Die man sit die sigaret in die seuntjie se mond. Die seun tel ook self die glas bier op en vat ’n sluk.

Die video is onlangs deur ’n ander Roemeniër op Facebook gedeel waarin gevra is dat mense die volwassenes in die video help opspoor.

Daar word vermoed dat die man wat telkens die sigaret in die seun se mond sit en hom toelaat om bier te drink, sy eie pa is.

Hul identiteit kon nog nie bepaal word nie. Kinderregtegroepe dring daarop aan dat die man weens kindermishandeling in hegtenis geneem word.

Bronne: YouTube; Daily Mail