’n Man van Brasilië het na sy dood geval toe hy ’n reksprong uitvoer waarvan die koord te lank was.

In ’n ysingwekkende video kan kan gesien word hoe Fabio Ezequiel de Moraes (36) gereed maak om die sprong uit te voer en dan na die grond neer ploeg.

Die veilige landingsarea kan gesien word, maar Fabio mis dit heeltemal en tref die grond teen ’n hoë spoed. Volgens berigte is die lengte van die koord verkeerd uitgewerk en was dit te lank.

Hy het die sprong vanaf ’n 40 m hoë brug uitgevoer in die staat van Sao Paulo ten aanskoue van sy vrou en sesjarige seun. Fabio het ernstige kopbeserings opgedoen en het later beswyk.

’n Plaaslike koerant berig dat Fabio dit oorweeg het om in ’n tandem met sy sesjarige seun te spring, maar genadiglik daarteen besluit het.

Waarskuwing: Die video kan sensitiewe kykers ontstel

Bronne: Dailymail.co.uk; Thesun.co.uk; Metro.co.uk