’n Gesin van Constantia Kloof in Johannesburg is onlangs in hul oprit gekaap en wil nou hê geregtigheid moet geskied.

[caption id="attachment_148316" align="alignnone" width="600"]Skermgrepe uit die beeldmateriaal / YOUTUBE Skermgrepe uit die beeldmateriaal / YOUTUBE[/caption]

Die gesin was glo op pad terug huis toe van ’n familiegeselligheid toe die vier mans, wat in ’n rooi Volkswagen Golf gery het, hulle aanval.

Die voorval is op kringtelevisie vasgevang. Dit wys hoe drie mans uit die voertuig spring, ’n vuurwapen op die gesin rig en hulle dwing om uit hul kar te klim. Toe die man probeer reageer, is hy aangerand.

Die gesin het na wat berig word toestemming gegee dat die beeldmateriaal openbaar gemaak word omdat hulle die aanvallers wil ontbloot en hoop dat iemand hulle sal herken en dat hulle so vasgetrek sal word. Die gesin wil anoniem bly.

Kyk die video hier:

Bronne: roodepoortnorthsider.co.za, YouTube