[caption id="attachment_133703" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: YouTube Skermgreep: YouTube[/caption]

Die video is deur die organisasie CrimeWatch op YouTube gelaai en is glo op 28 Julie by die Red Hawk Spur in Plumstead geneem.

Kykers kan sien hoe drie vroue die tafel langsaan hulle, waar ’n man, vrou en klein kind sit en eet, fyn dophou voordat een van die vroue die handsak vinnig vat. Sy gee dit vir een van haar makkers aan, wat dit versteek voordat die drie spoedig die pad vat.

’n Bestuurder by die tak, Marlon Rustin, het aan Huisgenoot bevestig dat die video daar geneem is en gesê die saak word ondersoek deur die Diep Rivier polisiekantoor.

Kyk die video hier:

/

Bron: YouTube