Dit het intussen aan die lig gekom dat die voertuig wat aanvanklik as’n geldwa bestempel was, in der waarheid een van die plaaslike veiligheidsmaatskappy, Golf Echo Response, se patrollievoertuie was.

Driekus van Aswegen het hierdie foto's op Huisgenoot se Facebookblad gedeel.

golf minibus

golf

Vroeër vandag

Feitlik elke mens wat al agter die stuur van ’n motor ingeskuif het, het dit al gedoen: ’n rooi verkeerslig verontagsaam. En in alle waarskynlikheid ongeskonde daarvan afgekom.

As jy een van daardie is, is dit tyd dat jy jou seëninge begin tel en seker maak jy gehoorsaam oranje en rooi verkeersligte van hierdie oomblik af.

Verlede Donderdag het ’n grusame toneel hom voor ’n gepantserde geldwa in Kerkstraat, Bronkhorstspruit, afgespeel. En dit is sekonde vir sekonde deur die aanboord-kamera vasgelê.

’n Aankomende Golf 6 het die rooi lig ignoreer. Dit het teen ’n minibus van ’n afleweringsdiens gebots wat weer op sy beurt die oranje lig by die kruising verontagsaam het. Die minibus is deur die geweld van die botsing teen die gepantserde wa geslinger.

Bykans onmiddellik is daar vlamme sigbaar en binne enkele sekondes word die minibus in ’n inferno omskep.

Enkele sekondes later kan gesien word hoe ’n verdwaasde man, met net sy kortbroek aan, deur ’n omstander van die vlamme weggelei word.

Twee insittendes van die Golf is uit die motor geslinger. Een het onder die tollende minibus beland. Dié persoon het op die toneel gesterf.

Daar was vier mense aan boord van die minibus. Net die bestuurder en een van die passasiers het oorleef. Die ander twee het in die voertuig dood gebrand.

Dit is onseker hoeveel mense in die Golf was.

Bronne: news24.com, geresponse.co.za