.

'n Swaardslukker wat 'n 40 cm-lem in haar keel kan afstuur, het besluit om voort te gaan met haar waaghalsige stokperdjie – ten spyte van die feit dat sy bykans nege maande swanger is.

Veronica Hernandez van Dallas, met die verhoognaam Jai le Bait, kan hier gesien word waar sy die swaard stadig in haar keel af, en in haar liggaam in, laat gly.

Wat die toertjie nog skokkender maak, is die feit dat sy oor enkele weke geboorte gaan skenk.

Veronica het in 'n video-onderhoud met Dallas News erken dat sy dol is oor die risiko wat by die toertjie betrokke is. Sy het bygevoeg: “Dit is, soort van, soos 'n gevaarfaktor.”

Sy het ook onthul dat daar geen slenterslag by betrokke is nie – dit wat die mense sien, is die ware Jakob.

Veronica sê dat dit, ten spyte van die risiko’s, nie haar baba sal benadeel nie.