In die video is Tracy Leavitt en twee ander mans by die voorval betrokke. Almal staan langs hul voertuie in ’n straat in die stad Hemet in die Riverside-distrik in Kalifornië. Dan steel een van die mans Tracy se motor en stamp hom teen ’n hoë spoed. ’n Mens kan sien hoe hy die voorruit met ’n luide plofslag tref voor hy in die lug opskiet. Toe hy op die grond val en dit lyk of hy dood is, skree een van die mans triomfantlik “joegaai!” net voor hy en sy maat in hul voertuig wegjaag. Tracy, wie se voertuig verlate op die toneel gelaat is, is hospitaal toe geneem, waar hy heupvervangings-, been- en knieoperasies moes ondergaan. Die polisie het Maandag die video vrygestel in die hoop dat dit tot die inhegtenisneming kan lei van die twee mans wat volgens ooggetuies in ’n Ford Ranger-bakkie weggery het.