Johannesburg –

In 201 3 het die Buro vir Vermiste Persone 1 679 gevalle van vermiste kinders aan die Suid-Afrikaanse polisiediens aangemeld, het die MCSA in ’n verklaring gesê.

“Ons kry elke jaar meer gevalle – nie noodwendig net omdat meer individue vermis raak nie, maar ook omdat mense meer bewus raak van Missing Children SA en die diens wat ons lewer.”

Tussen 1 Junie verlede jaar en 31 Mei vanjaar is altesaam 598 vermiste persone by die niewinsgewende organisasie aangemeld. Hiervan was 362 volwassenes en 236 kinders. Uit die vermistes is 222 van die volwassenes en 173 van die kinders opgespoor.

“Ons het dus ’n algehele sukseskoers van 66 persent. Ons sukseskoers met die kinders is 73 persent. Dis ’n ongelukkige werklikheid dat 3,8 persent van dié kinders dood gevind is.”

Afname in sukseskoers

Die MCSA het elke jaar ’n afname in hul sukseskoers gesien, maar hulle kon nie vir seker sê dat dit is omdat minder kinders weer opgespoor word, en of meer gevalle aan by die organisasie aangemeld is nie.

Die oorgrote meerderheid van gevalle wat aangemeld is, is in Gauteng en die Wes-Kaap – 85 persent van die aangemelde voorvalle kom uit dié provinsies.

Gauteng maak 39,5 persent en 45,7 persent van onderskeidelik alle vermiste volwassenes en kinders uit. En in die Wes-Kaap is 46,6 persent van die vermistes volwassenes en 37,7 persent is kinders.

Onder die rede hoekom kinders as vermis aangemeld word, is: Sowat 50,8 persent is weens onbekende redes, 45,3 persent het van die huis weggeloop en 1,2 persent was ouers of familie wat die kind ontvoer het.

Ander kategorieë is: Slagoffers van misdaad, vreemdeling wat hul ontvoer het en bevestigde mensehandel. Dit maak minder as een persent van aangemelde gevalle uit.

Tieners meeste geraak

Uit die aangemelde vermiste kinders was 13,1 persent van die kinders tussen 0 en 6 jaar, 18,2 persent was kinders tussen 7 en 12 en 68,6 persent was kinders tussen 13 en 17.

Uit die 598 vermiste volwassenes en kinders wat aangemeld is by die MCSA in die tydperk was nege van die kinders wat opgespoor is dood, teenoor 33 volwassenes.

Die syfers is redelik eweredig wat ras betref – 33,6 persent van gevalle was swart, 31,1 persent bruin en 31,9 persent wit. Sowat 3,3 persent van gevalle was ander rasgroepe, soos Indiërs en Asiërs.

News24

Kliek hier vir wenke oor wat om te doen as jou kind vermis raak.