Volgens kapt. Tlangelani Rikotso het die Valke op ’n wenk van die publiek gereageer en ’n klopjag op die perseel uitgevoer.

Buiten die vroue is 19 mans -- waaronder een Nigeriër -- ook gevind.

“Ons is tans besig om die mans te ondervra, maar niemand is al aangekeer nie,” sê Tlangelani.

Sy sê die meisies en vroue is tans by hulle kantore in Klerksdorp. Die vroue, wat glo van reg oor die land kom, voer aan hulle was vrywillig daar.

“Ons kan egter nie aanneem dit is die geval nie,” het Tlangelani aan ENCA gesê.

Volgens haar kon hulle dalk aangesê gewees het om dit te sê.

Tlangelani sê ook daar word tans ’n saak van mensehandel ondersoek en die Valke is tans besig om die vroue en mans te ondervra.

Ekstra bron: ENCA