op aanklag van beweerde belastingbedrog.

Die Britse Daily Telegraph berig dat die vrou van die 85-jarige James Bond-ster moontlik vir 2½ jaar tronk toe kan gaan en 'n boete van R347 miljoen opgelê kan word indien sy skuldig bevind word op die aanklag dat sy deelgeneem het aan 'n ingewikkelde onderneming om die Spaanse owerhede met byna R120,5 miljoen te verneuk tydens die verkoop van hul huis in die Costa Del Sol.

Connery is reeds in verband met die kwessie ondersoek, maar hy is verlede jaar (2014) ingelig dat hy nie in die hof hoef te verskyn nie, aangesien hy 'n dokument van 56 bladsye ingedien het om sy onskuld te verklaar. Die huis in Marbella was langer as 20 jaar in die besit van die paartjie. Nadat die regter vir Sean vrygeskeld het, het hy verklaar dat hy van voorneme is om voort te gaan om vir Roquebrune te ondersoek op aanklag van beweerde onreëlmatighede. Connery en Roquebrune woon nou in die Bahamas en hulle sal 'n inligtingsbrief van die hof kry rakende die situasie en ook om hulle raad te gee oor die aanstel van 'n prokureur vir die verdediging.

“Fiktiewe wetlike transaksies”
Hul Casa Malibu-huis is die middelpunt van die regsprobleme. Hulle het die huis in 1999 gelys vir verkoop en daarna is dit afgebreek. Beplanningsverlof is toegestaan vir die bou van vyf woonstelle op die grond waar die huis gestaan het, maar 70 eenhede is later vir 'n geskatte R976 miljoen verkoop.
“Hierdie bewerings van geldwassery is onsin”

Die aanklaers beweer Roquebrune het met prokureurs en sakemanne wat aangekla is in die saak – genoem Operasie GoldFinger, na die beroemde 007-rolprent van Connery – saamgesweer om “fiktiewe wetlike transaksies” te skep sodat winste wat gedurende die verkoop van Casa Malibu vir Jan Taks verberg kon word.

Roquebrune het voorheen die bewerings teen haar ontken.

“Hierdie bewerings van geldwassery is onsin,” het sy gesê. “Ons het niks hiermee te doen nie. Ons het die eiendom verkoop en dit is die einde van die storie.”

© Cover Media