Die deurlopende getrap in soms ongure weerstoestande kan enige fietsryer onderkry. En die liggaamsdeel waar hulle dit veral voel, is hul bene.

Hiervan kan Pawel Poljanski getuig.

After sixteen stages I think my legs look little tired ?? #tourdefrance

A post shared by Pawel Poljanski (@p.poljanski) on

Dié Poolse fietsryer het ’n foto van sy moeë bene gedeel ná ’n moordende 16 skofte in vanjaar se wedren. 

“Ek dink ná 16 skofte lyk my bene ’n bietjie moeg,” het hy by ’n foto van sy bene geskryf.

Die sportman het 68 uur getrap om meer as 2 830 km af te lê en het beslis ’n blaaskans verdien.

Ongelukkig vir Pawel, wat tans die 75ste plek beklee, lê daar nog vyf fases in vanjaar se Tour de France voor – dus nóg 711, 33 km om af te lê.

Sterkte, Pawel!

Ciao Rafa. See you in Vuelta! #live #cycling

A post shared by Pawel Poljanski (@p.poljanski) on

Bronne: Metro.co.uk, Business Insider