Dit het Australië geskok gelaat, en Dinsdag het dit aan die lig gekom sy was ’n transseksuele prostituut wat haar familie in Indonesië ondersteun het.

Die saak het Saterdag begin toe polisie ontbied is na ’n woonstelblok waar mense gekla het van ’n slegte reuk wat uit ’n grondverdieping-woonstel kom.

Toe die polisie aan die deur klop, het die 28-jarige Marcus Peter Volke oopgemaak. Hy het volgens berigte onmiddellik gevlug deur oor ’n balkon te spring.

Die polisie het die verminkte lyk van Mayang Prasetyo op die kombuisvloer gekry met potte op die stoof waarin liggaamsdele kook, het die media berig. Die owerheid het nog nie daaroor kommentaar gelewer nie.

Die polisie het later Marcus se lyk in ’n vullishoop gevind. Hy het blykbaar sy lewe met ’n mes geneem.

Nog besonderhede oor die skokkende voorval het oor die volgende dae aan die lig gekom.

Die Brisbane Courier-Mail het Dinsdag berig dat Marcus en Mayang verlede jaar getroud is nadat hulle mekaar op ’n passasierskip ontmoet het. Die koerant sê die slagoffer was ’n “gesogte” prostituut wat haar dienste as ’n “top Asiatiese transseksuele” aanlyn geadverteer het.

Die koerant het berig Mayang se ma in Lampung, Indonesië, het die slagoffer – ’n seun wat hulle as Febri ken – as die familie se broodwinner beskryf het wat gereeld geld gestuur het vir haar en haar twee dogters (onderskeidelik 18 en 15).

“Hy het gesorg vir sy susters se opvoeding,” het Nining Sukarni gesê.

Mayang word besryf as vriendelik en gewild onder bure; huldeblyke het ingestroom op sosiale media, waar sy glansryke foto’s van haarself geplaas het.

Marcus het op sy Facebook-blad gereeld uitgevaar oor geweld teen vroue.

Die polisie ondersoek Marcus se agtergrond, maar het na bewering geen bewyse gevind van geestesongesteldheid of dwelmmisbruik nie.

- Sapa