Dit is volgens ’n berig wat Donderdag in Beeld verskyn het. Hulle berig twee mans was verlede week by die Tweedy Park-tehuis tydens ’n kragonderbreking in ’n hyser vasgekeer.

Die twee mans, ’n besoeker en ’n inwoner, is deur die brandweer bevry, maar sedertdien is die hyser buite werking. Die tehuis se tweede hyser is al sowat vyf jaar buite werking.

Boonop was een van die inwoners, Rina Blackbeard(84), in haar kamer op die vyfde verdieping vasgekeer omdat sy ’n loopraam gebruik en nie daarmee trappe kan klim nie.

Party was dapper genoeg om te probeer, maar nie sonder die verpleegster Rina Hendrikz se hulp nie. Sy moes hulle begelei om te verseker hulle val nie.

Eddie Mkomotse, die streekbestuurder vir menslike nedersettings vir die Ekurhuleni-munisipaliteit, het aan Beeld gesê die munisipaliteit sal iemand na die tehuis stuur om die situasie te evalueer.

- Sapa