Die tienerseun het in die skuur glo beperkte toegang tot kos en geen lopende water gehad nie en hy is na bewering medikasie geweier.

Die ouers is in Bell County, Texas, in hegtenis geneem op onder meer klagte van die blootstelling van 'n kind aan gevaar.

Hulle is intussen op borgtog vrygelaat.

Die paartjie het die kind agt jaar gelede aangeneem toe hy ses jaar oud was. Dis onduidelik hoe lank hy in die skuur aangehou is.

Die seun is tans in die staat se sorg en ondergaan sielkundige evaluering.

Bronne: Dallas News, CBS, Star Telegram