Een van haar bure het die skokkende ontdekking gemaak toe sy ongeveer 17:30 vir haar iets te ete wou neem.

Dit wil voorkom asof die bejaarde met ’n telefoonkoord verwurg is.

Polisiewoordvoerder sers. Majola Nkholi het gesê dat die oorledene se naam nog nie bekend gemaak is nie omdat sy vermoedelik ook verkrag is.

Die motief vir die moord is onduidelik en in hierdie stadium lyk dit asof niks uit haar huis vermis word nie.

Enigiemand met meer inligting, word versoek om die ondersoekbeampte a.o. Jacques Nel of die polisie by 041 996 4581 te bel.

Bron: news24.com