Die vliegtuig het eers 'n brug skrams getref, voor dit neergeval het.

Taiwan se CNA-nuusagentskap het bevestig dat 9 mense dood is in die vliegongeluk. Reddingswerkers is steeds besig om insittendes uit die wrak te help.

Die media in Taiwan het foto's van die vliegtuig wat sowat 100 m vanaf die oewer van die Keelungrivier in die water lĂȘ aanlyn gepubliseer. Video's oor die ongeluk is ook op YouTube gepubliseer.

Die vliegtuig was van Taipei na die eiland Kinmen onderweg en die ongeluk het naby die Sunshan-lughawe gebeur.

Die vliegtuig is na wat berig word 'n Frans-vervaardigde ATR 72.

- Sapa-AP