Natalie is Dinsdag dood kort nadat sy by die werk gekla het van hoofpyn en inmekaargesak het. Ambulansdienste het haar na die kliniek geneem, maar sy is vermoedelik voor hulle aankoms reeds dood.

[caption id="attachment_148395" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Haar dood het tot talle vrae gelei omdat Natalie Maandag die ginekoloog gespreek het. Die ginekoloog het toe bevestig sy is gesond en die swangerskap verloop goed.

Volgens vriende het Natalie die volgende dag van ’n ligte hoofpyn gekla en vermoedelik Panado’s gedrink. Sy het kort daarna by haar werk inmekaargesak.

[caption id="attachment_148397" align="alignnone" width="602"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Natalie is vermoedelik weens ’n aneurisme dood. Die baba is ook dood.

Sy en haar man, Martin, is in 2013 getroud. Hulle het ’n dogtertjie verwag wat die eerste kleinkind in die familie sou wees. Natalie was saam met haar oudste suster swanger.

“Martin is verpletter. Hy is stukkend,” het ’n familievriend aan Huisgenoot gesê. “Hy het sy vrou en dogtertjie verloor – sy hele gesin.”

Ekstra bron: Maroela Media