Die pa van ses was glo “verbaal afbrekend” en het een van sy en Angelina Jolie se kinders op hul privaat vliegtuig “te lyf gegaan”, berig TMZ.

Iemand het glo die ster by die owerheid verkla nadat hy “kop verloor, geskree en die kinders te lyf gegaan het”.

[caption id="attachment_138061" align="aligncenter" width="600"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Hy het blykbaar sy uitbarsting op die teerblad voortgesit. Volgens TMZ het die owerheid reeds met Brad en Angelina gepraat en beplan die departement van kinder- en gesinsdienste om binnekort met die ses kinders te praat.

Hulle het bygevoeg die ondersoek is “roetine as enigeen kindermishandeling aanmeld. Ons ken nie die spesifieke besonderhede van die beweer mishandeling nie . . . ons weet net dat dit verbaal en fisiek was.”

Die Amerikaanse tydskrif PEOPLE het die berig op hul webtuiste bevestig, en bygevoeg Brad “neem nie die bewerings ligtelik op nie. Hy beskou dit in ’n baie ernstige lig en sê hy het nie sy kinders aan mishandeling onderwerp nie,” sê die bron.

“Dis jammer dat die betrokkenes aanhou om hom in die swakste moontlike lig te plaas.”

Die skokbewerings kom enkele dae nadat Angelina ’n egskeiding aangevra het. Die paartjie was 12 jaar saam.

Daar is vroeër berig Angelina los Brad omdat hy ’n “woedeprobleem” het wat “gevaarlik vir die kinders” geraak het.

Volgens Us Weekly is haar besluit aangevuur deur die een of ander voorval ’n paar dae gelede. “Die finale besluit om te skei is ’n week gelede geneem,” het die bron vertel.

“Daar was ’n voorval wat Angelina laat besluit het om met die egskeiding voort te gaan.” Dis onduidelik wat gebeur het, maar dit “het die hele gesin geraak”, het die bron bygevoeg.

Angie se pa, die akteur Jon Voight, het gesê dis nie ’n besluit wat sy dogter ligtelik sou neem nie. “Iets baie ernstigs moes gebeur het vir Angie om so ’n besluit te neem,” het hy aan Inside Edition gesê.

“Ek weet nie wat die rede is nie; dis ’n hartseer saak. Bid vir hulle. Ek’s bekommerd oor Angie en die kinders en sal hulle hopelik binnekort sien.”