Chris Evans het BBC Top Gear byna vinniger as wat ’n Koenigsegg Agera R van 0 tot 97 km per uur kan versnel, verlaat. Die man wat agter die Top Gear-stuur ingeskuif het nadat die Peter Pan-trio – Jeremy Clarkson, Richard Hammond en James May – die program verlaat het, het Maandagmiddag self sy bedanking aangekondig.

Die BBC Top Gear-program is deur kritici as pure bog afgemaak. “Flop Gear” was een van die gewildste beskrywings in die dagblaaie. Dit het ook nie in Chris se guns getel dat hy op kamera betrap is waar hy karsiek is nie. Dit het reeds ’n paar rooi vlae laat wapper. Hoe kan dié motorman siek word van motors?

Chris self het glo gevoel sy beste is nie goed genoeg om die program van ’n algehele mislukking te red nie.
Daar word beweer dat Chris ’n beheervraat agter die skerms was. Dit het hom in die BBC-baas Kate Phillips se slegte boekies laat beland.
Nie eers Matt le Blanc se teenwoordigheid, al was dit soms kwalik meer as net iets sag op die oog, kon die wa deur die drif trek nie.
Vroeër Maandag is daar reeds op Twitter gegis dat Chris dalk die sleutels moet teruggee nadat kykers die laaste episode baie erg kritiseer het.
Ander nare gerugte wat die ronde doen, is dat die polisie graag met Chris ’n gesprek sou wou voer oor ’n moontlike geval van ’n seksuele oortreding in die negentigs. Woorde soos “boelie” en “ontbloting” is na bewering geopper.
Op ’n ligter noot: So het Jeremy Clarkson verlede jaar vir Chris wenke gegee oor sy aanbiedingsvaardigheide:
Natuurlik is daar diegene wat die komedie raaksien met verskeie gifs wat op Twitter versprei is.
En die wenner: