Die slimfoon-appdiens het op 7 April vanjaar hul pryse op die goedkper UberX-opsie in Kaapstad, Johannesburg en Durban met tot 20 persent vir die stiller winterperiode gesny.

Uber het toe gesê die prysverlagings is ontwerp om die aanvraag na die diens ’n hupstoot te gee en die maatskappy het beloof om minimum betalingswaarborge by hul bestuurder-vennote te implementeer.

Lees ook: Groot nuus vir Uber-gebruikers!

Maar op die vooraand daarvan, op 6 April, het minstens 50 Uber bestuurdervennote na die maatskappy se kantoor in Groenpunt, Kaapstad opgeruk om hul bekommernis oor die besluit duidelik te maak.

Met die aktivering van die verminderde pryse het verskeie Uber bestuurdervennote aan Fin24 geskryf oor die minder verdienste en langer ure. Een bestuurder het aan Fin24 gesê sy inkomste het met sowat 20 persent geval terwyl sy kostes dieselfde gebly het.

En Uber – wat uitgebrei het tot 4 000 bestuurdervennote in Suid-Afrika sedert dit in 2013 hier bekendgestel is – het nou erken die prysverminder het nie uitgewerk vir hul bestuurdervennote nie.

“Ons het in April die pryse gesny om meer mense aan te moedig om Uber te gebruik. Ons het toe beloof dat indien die afslag nie werk vir die bestuurders nie – omdat hulle nie besig genoeg is nie en dus nie meer verdien nie – dat die pryse weer sou styg,” het ’n woordvoerder vir Uber in ’n verklaring per e-pos gesê.

“Vandag vervul ons daardie belofte en stoot dit weer op na die oorspronklike pryse. Ons glo bestuurders sal meer verdien as gevolg van hierdie veranderinge.”

Prys-ommekeer was ‘onvermydelik’

Uber se ommeswaai oor die prys was “onvermydelik,” sê Arthur Goldstuck, uitvoerende hoof van die internetmarknavorsingsmaatskappy World Wide Worx.

“Die bedoeling agter die prysverlaging was altyd suiwer bemarking en Uber het dit reeds lank voor die tyd duidelik gemaak dat hulle weer die pryse sou bekyk wanneer die promosietydperk verby is,” het Arthur aan Fin24 gesê.

Lees ook: As jy LinkedIn gebruik moet jy eenvoudig hier lees!

“Die werklikheid is dat laer pryse nie tot ’n toename in besprekings gelei het nie, wat beteken dat beide Uber en die bestuurders teleurgesteld sou wees. Wat minder bekend is, is dat Uber die bestuurders se verliese finansieel onderskryf het, so op die ou end het dit nie so ’n groot invloed op die bestuurders gehad as wat ’n gewone algehele prysverlaging sou hê nie.”

Die terugkeer na normale pryse kan ook daarop dui dat Uber, vir eers, die plaaslike mark versadig het, sê Arthur.

“Maar dit word ook algemeen aanvaar dat die meeste Suid-Afrikaners wat Uber gereeld gebruik, nie noodwendig gereelde taxi-gebruikers is nie, wat beteken Uber het ’n nuwe mark in die land geskep. Hierdie mark sal waarskynlik voortdurend groei, en dit sal gebeur omdat dit gerieflik en nuttig is eerder as oor pryse.”

Amerikaanse prysomkerings

Uber het al voorheen soortgelyke winter prysverlagings in verskeie Amerikaanse stede omgekeer, volgens ’n bloginskrywing van die maatskappy in Januarie 2016.

“Natuurlik werk dit nie altyd soos ons gehoop het nie,” het die maatskappy in Januarie geskryf. Verlede jaar, byvoorbeeld, het verdienste in sommige stede geval en het ons die pryse omgekeer. In Charlotte, byvoorbeeld, het ons ’n prysverlaging van 40 persent omgekeer na 29 persent en die bestuurders se inkomste het in 2015 met bykans 20 persent gegroei.

“En in tweede stede, insluitend Seattle, het ons die prysverlagings heeltemal omgekeer toe dit duidelik word dat die pryse reeds laag genoeg was. Sedertdien het die inkomste stabiel gebly.”

Bron: Fin24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof

Hoe goed ken jy jou 1933-vertaling van Die Bybel?