Pas nadat Protea-toetskaptein, Hashim Amla, op Dinsdag 5 Januarie 2016 meer as 200 lopies teen Engeland aangeteken het, het hy 'n aankondiging gemaak wat skokgolwe deur die krieketwêreld gestuur het.

Die 32-jarige toetskaptein het bevestig dat hy die kapteinskap onmiddellik ontruim. Van die moontlikhede wat vir hierdie stap geopper word, is dat hy waarskynlik voel dat sy persoonlike leierskapstyl nie gepas is vir die huidige jong en onervare Protea-toetsspan nie.
Hashim het in 2014 die toetskapteinskap by Graeme Smith oorgeneem. Die rol van toetskaptein vir die res van die toetsreeks sal deur AB de Villiers vervul word.

Bronne: iol.co.za, bbcsport.co.uk

Lees ook:

Lyk op Tukkies se hoofkampus gekry

Top-student mis byna die helfte van sy matriekjaar