Die geliefde Paula van der Lecq gaan binnekort minder gereeld op die kassie te sien wees.

[caption id="attachment_122269" align="alignnone" width="600"]Diaal Lawrenson gaan haar nou meer toespits op haar gesin. Foto: Lubabalo Lesolle Diaal Lawrenson gaan haar nou meer toespits op haar gesin. Foto: Lubabalo Lesolle[/caption]

Dit volg ná ’n skokaankondiging deur die aktrise Diaan Lawrenson dat sy haar vir eers wil toespits op haar twee kinders, Olivia en Thomas, en studie.

“Diaan het besluit om as een van die hoofspelers van 7de Laan te bedank," sê die sepie se woordvoerder, Rosa-Mari Erasmus. “Tog gaan sy steeds ’n integrale deel van die 7de Laan-span wees.”

Dit beteken Diaan verlaat die sepie nie heeltemal nie, maar gaan in die 18de seisoen net minder daarin verskyn. Sy sal in die volgende seisoen in net enkele storielyne te sien wees.

Die aktrise het onlangs ’n betrekking as lektrise aan die Afda-rolprentskool in die Kaap aanvaar, wat sy gaan beklee terwyl sy aan haar meestersgraad in TV en teater werk.

“Haar eerste prioriteit is nou om tyd saam met Olivia en Thomas deur te bring,” lui die verklaring. Diaan en haar man, Jody Abrahams, is glo “opgewonde” oor al die nuwe avonture wat voorlê.

“Ons by 7de Laan is hartseer oor die verlies van so ’n wonderlike aktrise, maar ons is ook bly dat sy haar kennis aan studente sal kan oordra. 7de Laan wens haar alles van die beste toe.”

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie