Dit gons behoorlik op sosiale media nadat TMZ laat Dinsdagmiddag 'n skokkende aankondiging oor Brad Pitt en Angelina Jolie gemaak het.

Daar het reeds verskeie gerugte die afgelope paar maande die ronde gedoen dat als nie pluis is by tussen die Jolie-Pitts nie. Luidens berigte het Angelina glo Maandag dokumentasie ingehandig het om van Brad Pitt te skei.
Daarvolgens versoek sy glo fisiese toesig oor hul ses kinders, met besoekregte deur Brad. Sy vra ook nie onderhoud van hom aan nie. As die bronne korrek is, word Angelina deur die onstuitbare egskeidingspesialis, Laura Wasser, verteenwoordig.
Brad en Angelina het in 2005 tydens die verfilming van Mr & Mrs Smith by mekaar betrokke geraak. Di paartjie het na jare van gissing, formeel in Augustus 2014 afgehaak.
Daar word beweer dat Angelina se onbeheerste jaloesie op Brad die groot struikelblok tussen die paartjie is. Skynbaar is die nuutste gissing dat 'n affair met Marion Cotillard. Lilly Caplan se naam het ook intussen opgeduik as 'n moontlike rede.
'n Bron na aan die paartjie het glo gesê dat Angelina kwalik eet, maar wyn drink saans en deurlopend rook. Aanvanklik was dit die opwinding van hul huwelik wat van die krake aanvanklik verdoesel het. Maar in die laaste tyd is daar glo gereeld uitbarstings tussen een van die bekendste, en aantreklikste Hollywood-paartjies. Die paartjie het drie aangenome kinders, hul dogter Shiloh (10) en die 8-jarige tweeling, Vivienne en Knox.

Bronne: inquistr.com, nydaily.com, cnn.com, tmz.com