Brian Molefe, Eskomhoof, het Vrydag sy bedanking aangekondig. Die bedanking is van 1 Januarie 2017 van krag.

Eskom se hoof uitvoerende beampte het sedert die openbare beskermer se bekendstelling van die State of Capture-verslag goed onder skoot gekom. Sy verhouding met die omstrede Gupta-familie het behoorlik die oë laat rek het.

Molefe het Vrydag in ’n verklaring gesê hy bedank vrywillig in die belang van “goeie korporatiewe regering.”

Molefe sê in sy verklaring dat sy bedanking nie ’n erkenning van skuld is nie.

“Ek is vol selfvertroue dat wanneer die tyd aanbreek ek sal kan wys ek het niks verkeerd gedoen nie en dat my naam in ere herstel sal word.”

Volgens Molefe sal “die waarheid” mettertyd uitkom. Hy sê die OB se verslag is gebaseer op ’n onvolledige ondersoek.

Eskom het aan Huisgenoot gesê hulle sal kommentaar hierop lewer “wanneer die tyd reg is”.

Luidens die verslag het Ajay Gupta aan die OB gesê Molefe is sy “goeie vriend”.

Die OB sê onder meer daar is tussen Augustus 2015 en Maart 2016 58 oproepe tussen Molefe en Ajay Gupta gemaak. Molefe het verlede week in ’n dramatiese wending in trane uitgebars by die bekendstelling van Eskom se halfjaarresultate. Hy het keer op keer gesê hy het nooit kans gehad om sy kant van die saak te stel nie.

So reageer mense op Twitter:

Lees die volledige verklaring hier:

Mediaverklaring: Brian Molefe bedank by Annami Mailovich on Scribd