As iets nie aan jou behoort nie, moet jy dit nie vat nie. Of “leen” nie. So eenvoudig soos dit.

Maar hoe gemaak as jou pad kruis met dié van ’n alte gawe fiets, sonder ’n eienaar of fietsslot in sig? Nie almal kan die versoeking weerstaan om hul hande en sitvlakke tuis te hou nie.

Lees ook: Atiesjoe! Gesondheid!

Die tweeling Jeremy en Jason Holden het besluit om fietsdiewe ’n skokkende les te leer. Met slim bedrading aan ’n fiets, ’n afstandbeheerder en ’n verskuilde kamera het die twee karnallies die strate van Hollywood ingevaar.

Lees ook: Hierdie webtuiste laat mense se iPhone ineenstort, maar is dit gevaarlik?

Niksvermoedende mense wat die fiets wou “leen” se plesierrit was pynlik en van korte duur. Sodra hul sitvlak die fiets se saaltjie geraak het, het hulle ’n elektriese skok gekry wat allerhande kaperjolle tot gevolg het.

Soms is die skoen aan ’n ander voet – waar die fietsdief deel is van versteekte kameras.

Ander stories op huisgenoot.com:

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Seun in hospitaal nadat hy met skaatsplank teen paal vasry

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm