Eduardo Caram van Brasilië het in sy sitplek gesit en wag dat die vliegtuig vertrek toe hy ’n los paneel raaksien.

Hy het onmiddellik ’n vlugkelner se aandag daarop gevestig, maar dié het gesê dis nie ’n probleem nie.

Die video van die voorval is al meer as 100 000 keer besigtig.

“Ek het met die vlugkelner gepraat en hy het geantwoord dat daar niks skort nie, aangesien dit net as beskerming dien,” het Caram in die opskrif van die video gesê.

Volgens The Mirror het die TAM Airlines-vlug van Rio die Janeiro na São Paulo in Brasilië ten spyte van alles vertrek.

Die lugredery het nog nie ’n amptelike verklaring uitgereik nie.

Bronne: News.com.au, The Mirror