Hulle word nou aangekla daarvan dat hulle ’n kind in gevaar gestel het, asook van aanranding met ’n gevaarlike wapen.

Die gevaarlike wapen? ’n Yskas!

Die voorval het na bewering Maandag in Danvers in die deelstaat Massachusetts plaasgevind. Hulle het ’n video op Snapchat gedeel waarin gesien kan word hoe die twee die baba op ’n rak binne-in ’n yskas plaas en ewe “bye” sê voordat hule die yskasdeur toemaak.

Die twee giggel bykans onbeheersd terwyl die angsbevange gille van die baba selfs deur die yskasdeur hoorbaar is.

Dit is onseker hoe lank hulle die baba in die yskas gehou het. Wanneer hulle haar weer uithaal, kan gehoor word hoe een van die meisies sê “sy’s okei”.

Waarskuwing: Video mag sensitiewe kykers ontstel.

Die baba se ma, Bonnie Brogna, het aangedui dat sy nie op die vervolging van die twee gaan aandring nie.

Een van die twee “baba-oppassers is glo ’n lid van die familie. Die ander tiener is 'n vriendin van die familielid. Die reg het egter die finale sê en mag anders daaroor besluit.

Bonnie sê sy was die aande van die skokkende voorval vir ongeveer ’n halfuur nie tuis nie.

Bonnie, die ma wie se babadogtertjie in die yskas beland het.


“Ek het nie ’n idee gehad wat gebeur het nie. Maar ek glo nie hulle het dit gedoen om my kind skade te berokken nie.

“Tieners is onnosel en vang dom goed aan,” het sy in ’n televisie-onderhoud met NBC gesê.

“Hulle het grappies gemaak en gelag, dit was duidelik dat hulle nie die erns van hul daad besef het nie,” het Bonnie gesê.

Bronne: newidea.com.aunypost.com, nbcboston.com

Save