Die nuus het groot opslae gemaak. Debbie Calitz, wat 20 maande lank saam met haar lewensmaat, Bruno Pelizzari, deur Somaliese seerowers aangehou is en eindelik vroeër vanjaar vrygelaat is, is in hegtenis geneem weens dwelmbesit.

Duisende rande se dagga en towersampioene is na bewering in haar woonstel gekry.

Daar was ook dwelmtoebehore. Suid-Afrikaners het die opskrifte in ongeloof gelees; net nog drama rondom Debbie se kop.

Lees meer in die Huisgenoot van 20 Desember.