Thando Siyoli (31) is die ander man wat deur die polisie aangehou word.

Die polisie het vanoggend ’n nuuskonferensie gehou waarin hulle bekend gemaak het dat twee mans in hegtenis geneem is.

Hulle het egter nie gesê wie dit is nie, maar wel dat roof as ’n motief uitgesluit is.

Jayde was ’n onderwyser by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage. Sy is verlede Dinsdag voor haar huis in Kabegapark ontvoer waarna geld uit haar bankrekening in KwaNobuhle onttrek is. Haar liggaam is daar naby in ’n verlate gebied gekry.

Haar dood het skokgolwe deur die land gestuur en inwoners van die omgewing het groot saamtrekke gehou om haar lewe te herdenk.

Thando sal vandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn en Christopher op Maandag 4 Mei.

Bronne: The Herald; Twitter.com; EWN.co.za