Luidens die verslag het ’n skool in Springs, Ekurhuleni in Junie die hulp van inspekteur Wendy Wilson van die Nasionale Raad van DBV’s ingeroep.

Die skoolhoof, wie se naam nie genoem is nie, ten einde die kinders te beskerm, was bekommerd toe die leerders ná pouse met beserings en geskeurde klere na die klasse toe teruggekeer het, het Wilson aan die koerant vertel. Die onderwysers het toe uitgevind dat party van die kinders in ’n nagebootste hondegeveg betrokke was, terwyl ander leerders gewed het op wie sou wen. Die kinders het dit na bewering gedoen omdat volwassenes hulle oor die naweke aangemoedig het om aan sowel regte hondegevegte, as aan nagebootste gevegte, deel te neem.

'Die speletjie is aggressief genoeg om beserings te veroorsaak.'

Wilson se woorde is aangehaal: "Hulle bevlieg mekaar. Die speletjie is aggressief genoeg om beserings te veroorsaak.”

Ander kinders het weddenskappe van tussen R2 en R10 aangegaan.

"Die een wat die geveg wen, kan dan, as beloning, met ’n jonger kind paar,” het Wilson aan die koerant vertel.

Sy was nie seker of hierdie rolspelery gelei het tot werklike geslagsgemeenskap nie.

Die Gautengse Departement van Opvoedkunde het gesê hulle is vroeg verlede jaar bewus gemaak van die aantygings.

"Die Departement het die DBV gevra om in te gryp,” is Phumla Sekhonyane, die woordvoerder, aangehaal.

- Sapa