‘n 21-jarige man is Sondag in die vroeë oggendure op die bodem van die Ghost-aktrise se swembad aangetref, het ’n polisiebron van die Los Angeles polisie aan Access Hollywood gesê. Demi (52) was nie by haar huis in Beverly Hills toe die tragedie afgespeel het nie.

Haar drie dogters, Rumer, Scout en Tallulah was ook nie tuis nie. Hulle was glo die afgelope naweek in New York om Scout se 24ste verjaardag op Maandag te vier. ‘n Bron het aan TMZ gesê daar was Saterdagaand ’n klein groepie mense by Demi se woning en dat die oorledene, wat nie kon swem nie, in die water geval en verdrink het.

Daar was ten tyde van die verdrinking vyf mense by die huis. Een van hulle is volgens sers. A Bone van die polisiekantoor in Los Angeles Demi se assistent.

Hy’t ook aan die Los Angeles Times gesê die polisie is omstreeks 5:15 ontbied. Met hul aankoms is die man uit die swembad verwyder en deur paramedici behandel. Hy is egter minute later op die toneel dood verklaar.

Die polisie se ondersoek duur voort.

© Cover Media