Die bekende akteur, Arnold Vosloo, se suster, Nadia Vosloo het Dinsdag aan Netwerk24 gesê dat gerugte oor haar broer wat in ’n motorongeluk dood is onwaar is.

Arnold het onder meer naam gemaak in The Mummy en was destyds ook te sien in die Afrikaanse trefferfliek, Boetie gaan border toe.

’n Facebook-inskrywing met ’n foto van ’n voertuig wat byna heeltemal in ’n ongeluk verwoes is,

verkondig dat Arnold in dié ongeluk dood is.

“Dit is regtig baie ontstellend. Ek het ’n 81-jarige ma wat nie die sosiale media verstaan nie. Só iets gaan haar ontsettend ontstel,” het Nadia aan Netwerk24 gesê

Volgens Nadia is Arnold bewus van die gerugte.

Die gewraakte Facebook-plasing:

vosloo

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Samaritaan vermoor

Jong haker wakker ná koma, ouers is by hom