Die baie gewilde Afrikaanse sepie, Villa Rosa, se dae is getel.

kykNET het Dinsdag Villa Rosa se akteurs en produksiespan ingelig dat die sepie se produksie gestaak gaan word.

Villa Rosa is ook een van die kanaal se gewildste programme.

Volgens kykNET kan kykers egter nog in die lief en leed van die Villa se geliefde inwoners tot 31 Maart 2016 deel.

Een van die sepie se gewildste karakters, die gehate Astrid, se storielyn het reeds verlede jaar tot ’n einde gekom nadat die aktrise, Therese Benade, die sepie verlaat het.

“Villa Rosa was kykNET se heel eerste eie sepie en het ‘n belangrike rol in die groei van die kanaal se kykertal gespeel,” het Karen Meiring van kykNET gesê.

“Soos met die leeftydsiklus van soveel projekte, kom daar ‘n tyd vir die behoefte vir vernuwing.

“Hierdie besluit val saam met M-Net se fokus op groter investering in plaaslike inhoud en kykers kan uitsien na 'n splinternuwe sepie vanaf 1 April 2016.”