SA se eerste medalje by die Olimpiese Spele in Rio behoort aan niemand anders as Cameron van der Burgh nie!

Die swemmer het Sondag (Maandagoggend SA tyd) in Brasilië die silwermedalje verower in die 100m-borsslag met ’n tyd van 58.69. Cameron moes die loef afsteek teen Groot Brittanje se Adam Peaty wat boonop die wêreldrekord verbeter het en die goud met ’n blitsige 57.13 verseker het. Die Amerikaner Cody Miller het derde gekom in die nommer met 58.87 SA se swemliefling kon nie wag vir die geleentheid nie en het sy opgewondenheid al twee dae gelede in sosiale media uitbassuin.

The men ready for Rio

A photo posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on

Cameron het op dieselfde dag ’n video op Instagram aan sy familie opgedra. “Aan my familie wat daar was lank voor dit als (die Olimpiese Spele en sy glorieryke swemloopbaan) en sal agterna ook daar wees, ek sal altyd lief wees vir julle. So trots om julle saam met my in Rio te hê,” het Cameron by die video waar sy geliefdes gesels oor sy pad a roem.

To my family who were there long before it all and will be after, I love you always. So proud to have you here with me in Rio

A video posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on

SA se ander swemliefling het deurgedring na die eindronde van die 400m-vryslag nadat hy 5de gekom het in die halfeindronde in dié nommer by die Spele. Chad se tyd was 1:45:95. China se Sun Yang het gewen met ’n tyd van 1:44:63.

Die eindronde vind 03:21 Dinsdag SA tyd plaas en jy kan dit op SS4 sien.

Bron: News24