En net toe ons begin gis of dit wel so is, e-pos ’n leser al die pad uit die Franse prinsdom om te bevestig: Hy’t die twee met sy eie oë saam gesien!

En Ryk en Sahar, wat glo verlede jaar hul verlowing van ’n jaar verbreek het, het omtrent net oë vir mekaar gehad.

Die twee het natuurlik nêrens op Instagram foto’s van hulle saam gedeel nie. Ryk het wel talle foto’s van hom en die oud-Springbok Percy Montgomery gedeel. 

Last Riviera run & swim workout with my wingman for the week and @rwbchallenge teammate @monty15monty

A post shared by Ryk Neethling (@rykneethling) on


Ryk en Monty was in Monaco vir die 21km Riviera Waterfiets-uitdaging van Nice na Monaco – die eerste in sy soort in die wêreld. Selfs Charlene se man, prins Albert het deelgeneem.



Ryk en Percy het egter stof in die oë van die kompetisie gedeel en gewen. 


Volgens ons bron was Sahar ook by die kompetisie. Mmm . . . dalk om Ryk aan te moedig? Sy’t ook gister ’n kiekie van haar en Charlene op Instagram gedeel. Ryk is ’n ambassadeur vir die Princess Charlene Foundation. Hy was ook ses jaar gelede by Charlene en Albert se troue. En hy’t alte lekker gekuier in Monaco. Hy en Percy was selfs by die onlangse Grand Prix daar.

Levels. When your host has a helicopter on their yacht. #monacogp17 #monacograndprix #monaco

A post shared by Ryk Neethling (@rykneethling) on

Monaco Grand Prix. Bucket list ? Couldn't have asked for a better day and spot to watch it from. Thank you HSH.

A post shared by Ryk Neethling (@rykneethling) on


Ons bron was op vakansie in die suide van Frankryk toe hy Ryk sien draf langs die Riviera. “Later die middag daag sy eksverloofde, Sahar, toe by Nikki Beach-klub op.” Dis toe dat dié begin wonder of hulle weer ’n paartjie is.

“Die aand is ek en my vriende Buddha Bar toe en oorkant ons tafel was Sahar, uitgevat. Hoewel sy daar met haar eie groep vriende was, was dit nie lank voor ’n netjies uitgevatte Ryk ingestap het nie. Hy het toe oorkant haar gaan sit. Dit het gelyk of hulle flirterig is. Ek het nie gesien of hulle saam daar weg is of nie.”

Die volgende aand terwyl ons bron by ’n aandete-partytjie op ’n seiljag was, het hy weer Sahar gewaar terwyl dié na die seiljagte gestap het. “Ryk, Percy Montgomery en ander gaste was reeds op ’n seiljag aan daardie kant. Ek het nie gesien na watter seiljag sy is nie, maar ek kan jou 20 raaiskote gee vir waar jy dink sy heen is?”

Die Sondagmiddag toe Ryk aan Charlene se swemfiets-uitdaging deelgeneem het by die Seiljagklub het ons bron Sahar wéér gewaar. “Hy het die uitdaging gedoen…en gewen.”

Maar is hulle pelle of brand die liefdesvlam weer hoog tussen dié twee? Net tyd sal leer. Hou dié spasie dop!