Die omstrede tennisontleder en voormalige tennisspeler, John McEnroe (58) het onlangs die internet op hol gehad ná sy wilde uitlatings oor Djokovic. 

McEnroe het Woensdag gesê Djokovic het, net soos Tiger Woods, glo familieprobleme. 

Dit volg ná Djokovic se spel ietwat verswak het tydens die Franse Ope in 2016 en hy nie daarin kon slaag om Wimbledon se kwarteindronde in 2016 te haal nie.

“Die persoon wat dadelik na vore kom, is nie soos Djokovic ’n tennisspeler nie, maar ’n golfspeler – Tiger Woods. Hy het huweliksprobleme gehad en dis toe sy spel skielik verswak het. Hy was glad nie meer dieselfde speler nie.

“So, nou wonder ons of dit moontlik die geval met Djokovic is?” het McEnroe gesê.

Djokovic het Donderdag tydens ’n Wimbledon-konferensie gereageer op McEnroe se uitlatings, berig ESPN.

“Weet jy, John het ’n reg om te sê – enigeen in die wêreld, rêrig – het die reg om te sê wat hulle wil en ek respekteer dit. Hy is bekend daarvoor om wilde uitlatings te maak . . . maar dit traak my nie rêrig nie,” sê Djokovic. 

Maar dis nie net John wat hierdie stoute gedagtes vleuels gee nie. Die Deccan Chronicle vertel al te lustig van 'n vorige meisie, die Serwiese popster Natasa Bevalac, wat dalk te veel in die media kwytgeraak het.

Sy beweer Djokovic sou baie gelukkiger gewees het met Deepika Padukone, 'n Bollywood-aktrise wat onder die hoogs-betaalde aktrises wêreldwyd is.

O, en dan is daar nog die blonde prokureur van die Oekraïene, ene Victoria; en 'n emosionele band met Lady Lee, 'n platejoggie (Lidija Popovic).

Die voormalige wêreldnommereen het Maandag in die sosiale media alle skindertonge iets anders gegee om oor te klets toe hy sy vrou met hul huweliksherdenking gelukwens.

“Gelukkige huweliksherdenking, my sielsgenoot! Ek is so dankbaar om jou in my lewe te hê en die liefde wat ons het herinner my wat gekoester en voor geveg moet word.

“Dankie dat jy ’n toegewyde liefdevolle ma, groot ondersteuner en ruggraat vir almal om jou is. Ek is lief vir jou met my hele hart en siel,” skryf hy op Instagram.

Djokovic en sy vrou, Jelena (31), is in 2014 getroud en het ’n seuntjie saam. Stefan vier sy derde verjaardag in Oktober. 

????????????

A post shared by Jelena Djokovic (@jelenadjokovicndf) on

Dié paartjie het in Mei 2017 aangekondig hul tweede kind is op pad. 

Bronne: deccanchronicle.com, Thesun.co.uklobandsmash.comkwese.espn.comnydailynews.com