’n Man wat glo in sy 30’s is, is met ’n skietwond in sy voertuig op die hoek van Grosvenor- en Parkstraat – langs Hatfield Plaza – aangetref, het Netcare 911 in ’n verklaring bekendgemaak.

Paramedici van die nooddiensgroep het die man bewusteloos in die bestuurdersitplek van sy motor aangetref.

Daar was drie lewensondersteunende paramedici op die toneel wat geruime tyd mond-tot-mond-asemhaling toegepas het, maar hulle kon nie die man bybring nie.

Die skietslagoffer is op die toneel dood verklaar.