Die voorval het plaasgevind skaars ’n uur nadat die sentrum sy deure amptelik geopen het.

Luidens berigte was talle klante in die sentrum vasgekeer nadat skote naby die die ingang afgevuur is. Die polisie was binne oomblikke op die toneel en ’n polisiehelikopter is ook ontbied. ’n Ooggetuie het vertel van die skok toe ’n vrou voor haar oë raakgeskiet is.

Sentrumbestuur het intussen aan Huisgenoot bevestig die voorval is verby en dat sake by die sentrum weer teruggekeer het na normaal. Dit is nog nie duidelik of die skietery met ’n rooftog verbind word en of enigiemand al aangekeer is nie.