meatball_copy pic

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 500 g maer of ekstramaer beesvleis
  • 375 ml (1½ k) gaar groente (dit is ’n wonderlike manier om oorskiet-groente te gebruik)
  • 1 sny lae-GI-brood
  • 2 eierwitte
  • 15 ml (1 e) basilie (verkieslik vars)
  • olyfolie

So maak jy dit:

Voorverhit die oond tot 200 °C. Verwerk die groente en brood tot fyn. Voeg by die vleis. Klits die eierwitte in ’n ander bak en voeg saam met die basilie (en ander speserye indien verkies). Meng alles met die hand om te verseker die groente is eweredig versprei. Berei ’n bakplaat met waspapier of kossproei voor.

Die lekker deel:

Was jou kleuter se hande deeglik. Hulle kan nou die frikkadelle help rol (Pasop: Dit kan deurmekaar raak). Maak jou vingers met ’n bietjie olyfolie klam en sit op die bakplaat. Bak 20 min. tot bruin.

  • Die geregistreerde dieetkundige Anthea de Villiers het hierdie inhoud verskaf. Klik hier vir dié resep en hier vir nog heerlike Checkers-resepte.