’n Lyk geklee in swart All Stars-tekkies en jeans is langs die N1 naby Verkeerdevlei in die Vrystaat gevind, sê die polisie.

Die polisiewoordvoerder Ikobeng Hlubi sê bouers het die skelet Vrydagmiddag tussen die bosse gekry.

Geen identifikasie is gevind nie.

“In hierdie stadium is dit onbekend hoe lank die oorledene langs die pad gelê het. Die laboratorium-uitslae word afgewag wat die geraamde sterfdatum sal bepaal,” het sy gesê.

Ikobeng noop die gemeenskap om na vore te kom met enige inligting wat kan help om die man se naasbestaandes op te spoor.

Enigeen met inligting kan speursers. Nzintshe bel by 082-479-2337.

[caption id="attachment_115491" align="alignnone" width="450"]Die gekleede skelet is langs die N1 in die Vrystaat gevind. Foto: Verskaf aan News24 Die gekleede skelet is langs die N1 in die Vrystaat gevind. Foto: Verskaf aan News24[/caption]

Bron: News24