Net Bubba Watson en Webb Simpson kon hul rondes voltooi. Mike Weir en Brendan Steele was egter die voorlopers toe die res van die kompetisie gekanselleer is, berig GolfDigest.

Die Par 3-kompetisie is ’n Meesterstradisie en betrek die spelers se gesin. Hul kinders, kleinkinders, vroue of vriendinne kan op die kort negeputjiebaan die spelers se sakke dra. Natuurlik gee hulle ook so af en toe hul “sakdraers” ’n kans om ’n sethou te speel.

Hoewel vanjaar se kompetisie kortgeknip is, het die kort tydjie op die baan darem ’n paar oulike foto’s opgelewer.

Kevin Kisner and daughter Kathleen enjoy the family fun during the Par 3 Contest. #themasters

A post shared by The Masters (@themasters) on

En kyk net hoe lieflik is die Suid-Afrikaanse gholfspeler Louis Oosthuizen se twee dogtertjies.

Louis Oosthuizen celebrates with his daughters during the Par 3 Contest. #themasters

A post shared by The Masters (@themasters) on

Die kinders dra klein weergawes van die wit oorpakke wat die werklike sakjoggies tydens die toernooi dra.

Brandt Snedeker's son and @charleyhoffman's daughter share caddie duties in the Par 3 Contest. #themasters

A post shared by The Masters (@themasters) on

@bubbawatson helps daughter Dakota putt while son Caleb looks on. #themasters

A post shared by The Masters (@themasters) on