Almal sal seker saamstem om die lotto te wen is die meeste mense nie beskore is nie. Om boonop sowat R5,4 biljoen ($600 miljoen) te wen is heeltemal verregaande of hoe? Toe nie.

. Die allemintige bedrag van R5,4 biljoen is in die deelstaat Florida gewen. En dis nie al nie: Dis boonop Florida se sesde Powerball-wenner, sê Cindy O’ Connell, ’n loterybaas van Florida. Sy het bevestig dié deelstaat het die heel meeste Powerball-wenners.

Hoewel jou kanse reeds skraal is as jy lotto speel, was dit met dié trekking nog skraler; daar was ’n een uit 175,2 miljoen kans om te wen. Maar hoewel die kanse skraal is dat een mens so ’n groot bedrag sal wen, is dit wat Powerball so “’n opwindende speletjie maak,” sê Cindy.

Die wenner is nog nie in die openbaar bekendgemaak nie en dis onbekend of enigeen al die kaartjie geëis het. Saterdagaand se Powerball-wennommers was 10, 13, 14, 22 en 52 en die Powerball-nommer was 11.

Bron: http://www.washingtontimes.com

-  Faiza Mallick