Die vrou was saam met ’n man op ’n bromponie in ’n straat in China toe hulle met ’n motor bots.

'Sy is van die bromponie afgestamp.'

Sy is van die bromponie afgestamp voor sy onder die motor se voorwiel beland het.

Die motor se bestuurder kon toe stilhou, maar die vrou was onder die motor vasgekeer.

Die bestuurder van die bromponie het afgeklim en die motor alleen probeer oplig. Toe kom help daar sowat 20 omstanders, insluitend ’n man in ’n polisie-uniform en passasiers van ’n motor wat stilgehou het toe hulle besef wat aan die gang is.

Hulle kon die motor oplig en die vrou uitkry.

Sy het blykbaar net klein skrapies opgedoen. Die voorval het op 13 November in China se Zhejiang-provinsie gebeur.

Bronne: Sky News, YouTube