Hoewel beurtkrag nie voorsien word nie, word verbruikers versoek om nienoodsaaklike toestelle af te skakel.

“Die stelsel is kwesbaar; daarom kan ekstra druk of foute in die stelsel beurtkrag noodsaak,” sê die Eskom-woordvoerder Khulu Phasiwe.

“Daar was ’n hoë risiko terwyl albei opwekkers onklaar was. Maar aangesien een weer werk en ons effens meer stabiliteit het, is die risiko nie meer so groot nie. Die risiko is nou matig,” het Phasiwe gesê.

Eskom verwag die aanvraag sal van môre af afneem soos die naweek nader. Maar daar word weer Maandag ’n toename in aanvraag verwag wanneer nog ondernemings ná die feestyd heropen.

Phasiwe sê Eskom het dit wel in aanmerking geneem.

Bronne: Sapa en TIMESLive