’n Leeuwelpie wat by geboorte deur sy ouers verwerp is, kry by ’n privaat dieretuin in Pole toenadering by ’n skaaphond en ma van vyf.

Parys het verlede week by die klein dieretuin in die dorpie Wojciechow [het nie my blou boek nie] sy opwagting gemaak, maar sy ouers het geen belangstelling in hom getoon nie.

“Diere verwerp soms hul kleintjies, soos mense soms doen,” het die dieretuin se eienaar, Krzysztof Zerdzicki, aan AFP gesê.

“Toe ek die outjie optel, het die leeuwyfie na my gekom en met haar kop getik, asof sy wil sê ek moet vir hom sorg. Toe is sy weg.”

Krzysztof het die welpie toevertrou aan sy troetelhond, Carmen, ’n Engelse skaaphond wat self pas vyf kleintjies in die lewe gebring het.

“Aanvanklik was sy verbaas, maar het goed reageer,” het hy gesê.

“Sy versorg hom en gee hom melk. Sy boeties en sussies het hom ook aanvaar.”

Maar daar is verskille. Parys het ’n groter eetlus as die hondjies; hy kry ekstra kos en sal van volgende maand af op ’n vleisdieet geplaas word.