Hy het geen selfmoordbrief nagelaat toe hy hom in sy woonstel in Linden, Johannesburg, opgehang het nie, dié veelsydige en talentvolle jong akteur wat soveel gehad het om voor te leef.

Andrew Thompson se onverwagte dood het skokgolwe deur die land gestuur, mense in die TV- en rolprentbedryf verbyster en kykers in rou gedompel oor die man wat hulle veral as Theunis van Rooyen van Molly en Wors onthou.

Die mediasku akteur het vir Huisgenoot-veslaggewer Loren Pienaar ’n seldsame blik op hom as mens gebied, iemand wat sy eie broosheid met ’n warm menslikheid kon verbloem.

Toe hy ’n paar dae later by Huisgenoot se ateljee in Johannesburg aankom vir ’n fotosessie, het hy eers gevra of hy die artikel kan lees, maar homself dadelik bedink. “Nee, jy hoef nie vir my te wys nie,” het hy gesê. “Ek vertrou jou.”

In die nuutste uitgawe verskyn die artikel wat Andrew toe nooit gelees het nie.